Ek is nog altyd lief vir die kleur rooi. Ek hou van iets eenvoudig maar het n oog vir detail. Daarom het ons besluit om fyn steentjies en pereltjies deel te maak van my rok om dit net ietsie uniek en "ekstra" te gee.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek voel soos myself in die rok. Die steentjies skitter in die aand wanneer ligte daarop skyn. Dit laat my dink aan die sterre. Dis beslis een van my gunsteling dele van die rok. Die eenvoudige snit met die wye romp laat my voel asof ek in n sprokie is. Dit laat my weer voel soos n klein dogterjie wat droom om n prinses te wees. Die rok se eenvoudigheid en fyn detail saam met die rooi kleur skep ook n pragtige romantiese prentjie.