Marli Steynberg

Hoërskool Transvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is nie die tipe persoon wat gereeld uitspattige klere aantrek nie. Hoe meer eenvoudig, hoe beter. My rok het egter die eerste sekonde my asem gesteel. Die ingewikkelde kralewerk op die bokant en die patrone op die onderkant was genoeg om my te hipnotiseer. Ek het geweet dat hierdie rok net vir my gemaak is. Al my ander details soos hare en juwele kon ek eenvoudig hou... my rok het al die praatwerk gedoen.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Transvalia

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou 'n rok gehad het wat my persoonlikheid uitstraal. Ek wou soos 'n prinses voel. Die 'ballgown' en die glimmer was 'n absolute moet. Ek wou 'n rok gehad het wat 'n goeie indruk los. Iets klassiek, stylvol maar steeds anders.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rok se oop rug. Ek het 'n sny op my rug van 'n operasie lank gelede, wat ek glad nie wou wegsteek nie. Ek is glad nie skaam daaroor nie, maar inteendeel trots daarop. Die oop rug van my rok het seker gemaak dat ek kan pronk met dit waarop ek trots is. Dit het my ook koel gehou in die warm Oktober-weer, maar dit mag ek nie hardop sê nie. Ek moet ook noem dat die fyn kralewerk die rok vir my so uniek laat voel het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media