Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Vir my Matriekafskeidrok het ek my liefde vir groen, goud en blomme gekombineer om koninklikheid uit te straal. Ek was wel bewus van die feit dat groen en goud óf uitstekend óf soos ń modekrisis kan lyk. Alhoewel die blomme die aandag steel, maak die glinsterende romp ook ń verskyning om nie weg te raak in die aand nie, maar dis ook nie oorweldigend nie.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was my persoonlikheid. Vandat ek ń klein dogtertjie was wou ek ń “prinsesrok” dra vir Matriekafskeid. Ek wou graag gehad het dat wanneer mense die rok sou sien, hulle dadelik sal dink: “ Dit is só Marli”. Ek het ń baie flambojante persoonlikheid, daarom het ek ń rok laat ontwerp wat presies dit uitstraal.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Alhoewel ek van alles hou, is die unieke kralewerk wat van naderby verskillende kleure en detail vertoon, my gunsteling. Gevolglik was ek nie baie gebind aan ń sekere kleur skema nie.