Marli Beckmann

Sasolburg Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het saam met die ontwerpers van Werner Dey Couture die ontwerp van my rok beplan. Ek wou graag n korset bo-stuk met baie detail en n vloeiende sleep hê. Die 3D-kant, Swarovski kralekristalle en blare het aan die silhoeët lewe gegee. Ek wou aanvanklik my rok in my gunsteling kleur , koningsblou, gehad het ,maar die skaars kleur "teal" het my aandag getrek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok het gestem uit my grootste voorwaarde: ek wou soos my ware self voel. Ek wou na n foto kyk en myself herken met elke sproet op my gesig en nie versmoor voel onder lae grimering nie, ek wou dus ook he dat my rok tenvolle my persoonlikheid moet naboots. Ek het inspirasie gekry van my diep liefde vir die juwele van die aarde, kristalle. Van kleintyd af was ek gereeld buite besig om mooi klippies te soek. Dit het toe later ontwikkel in n belangstelling in kristalle. My rok het oor die 300 Swarovski kralekristalle bevat wat een vir een vas gewerk was, dit het my rok die mooiste blink tydens die aand gegee. Ek wou ook graag die natuur in my rok geinkorporeer het deur die blomme en blare wat al van my rok af groei.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was verseker al die detail wat oor die mesh materiaal was. Ek kon werklik nie ophou voel aan al die kralekristalle, blomme en blare wat oor my hele rok ,elkeen met n spesifieke doel, vasgewerk was nie. My hart was gevul met soveel geluk en tevredenheid tydens my eerste pas , toe het ek geweet, ek het my droom matriekafskeid rok aan.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media