Marjoné Erasmus
Klerksdorp Hoërskool
Tuisdorp
Klerksdorp
Skool
Klerksdorp Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Le Roux Couture
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag n rok ontwerp het wat my as persoon uitbeeld, my sagte geaardheid en persoonlikheid. Na soveel gedroom en gedink het ek stuk-stuk my rok n realiteit gemaak, met hulp van my mamma om my blommetjies te maak het ek die rok my eie gemaak!
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriek rok het my soos n princess laat voel, tog so dat ek hom skaars wou uit trek toe die aand tot n einde gekom het. Ek droom nou nog oor die eerste keer wat ek hom aan gehad het en hoe ek die dae af getel het om die ontwerp aan te trek…
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hele idee om soos n prinsess aan te trek en saam te dans en te kuier tot laat aand was so prettig gewees, en ek sal alles net oor wil beleef want elke liewe deeltjie van die aand was n avontuur en iets om te onthou…
Planne vir na matriek
Na matriek gaan ek Aptekerswese by Pukke studeer en hopelik die kans kry om oor te skuif in ń mediese rigting van chirurgie
Gunsteling woord in Afrikaans
Lekker
Datum van matriekafskeid
2025-10-01