Maritza Harmse
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir die rok het eintlik al in graad 8 begin, toe ek eendag op Pinterest op 'n rok afgekom het wat dadelik my aandag getrek het. Ek het destyds besluit dat dit die tipe rok is wat ek eendag vir my matriekafskeid wou dra, en het die foto in my gallery gestoor. Vier jaar later was dit steeds daar! Ek het op 'n stadium selfs oorweeg om eerder 'n pak te dra, maar het uiteindelik weer by my oorspronklike idee uitgekom.
Ek was nog altyd meer aangetrokke tot donkerder kleure en style, met invloede van onder andere Dark Academia en die meer klassieke, dramatiese voorkoms. Ek wou nie noodwendig die tradisionele, sagte en romantiese matriekafskeidvoorkoms hê nie, maar eerder iets met 'n bietjie meer karakter. Ek het gehou van die idee van 'n rok wat elegant is, maar terselfdertyd 'n sterk indruk maak. Dit moes steeds spesiaal genoeg wees vir die geleentheid, sonder om te ver van my eie persoonlikheid en styl af te wyk.
Op die ou end was my doel om iets te dra waarin ek gemaklik en selfversekerd voel, en wat nie net mooi lyk nie, maar ook regtig soos ek voel.
