Marise Helberg
Ouderdom
18
Tuisdorp
Boksburg
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Dr EG Jansen, Boksburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok was ’n moderne, glansryke voorkoms. Ek wou ’n rok hê wat uitstaan, daarom het ek die helder pienk kleur met silwer detail gekombineer. Ek het self die ontwerp gekies om seker te maak dat die rok uniek is en by my persoonlike styl pas.
