Marisa Haasbroek

Hoërskool Burgersdorp

Tuisdorp

Burgersdorp

Skool

Hoërskool Burgersdorp

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok wat ek gedra het, is elegant en stylvol met ’n moderne, maar eenvoudige ontwerp wat my persoonlike styl mooi weerspieël. Al verkies ek gewoonlik eenvoud en hou ek nie daarvan om te veel uit te staan nie, het ek met hierdie geleentheid ’n kans gewaag met die rooi kleur. Dit het egter uitstekend uitgewerk, en ek was op die ou einde baie tevrede met die eindresultaat tedanke aan my ontwerper, Lena-Lisa.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie is klasieke eenvoud (less is more) Ek wou iets dra wat eenvoudig, maar steeds elegant en tydloos is. Die ontwerp beklemtoon styl sonder om oordrewe te wees, en die rooi kleur voeg ’n tikkie selfvertroue by.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My bloedrooi matriekafskeidrok simboliseer vir my God se liefde en genade. Die kleur herinner my aan Jesus se bloed wat vir my gevloei het – ’n teken van oorwinning en nuwe beginne. Wanneer ek dit dra, wil ek nie net mooi lyk nie, maar met ’n dankbare en rein hart Sy lig uitstraal.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my aand was om heel aand mooi te voel en om lekker te kon dans, want hier in die platteland skoffel & "two-step" ons tot die son op kom!

Planne vir na matriek

Na matriek gaan ek in Pretoria studeer en my drome najaag. Ek sien uit daarna om nuwe kennis op te doen, nuwe mense te leer ken en op God se leiding vir my toekoms te vertrou.

Gunsteling woord in Afrikaans

Poenankies

Datum van matriekafskeid

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media