Marion Harris
Hoërskool Stoffberg
Tuisdorp
Brakpan
Skool
Hoërskool Stoffberg
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok op Shein gekoop. Hulle het die mooiste opsies om van te kies met verskillende ontwerpe in baie kleure en ek wou nie te duur gaan deur n rok te laat maak nie. Die rok het my aandag getrek die oomblik toe ek hom gesien het.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My kerel is soms eksentries en hou van enige iets wat glim en vonk met juwele as bykomstighede en ons het van die begin af besluit ons wil rooi of maroen kies. Ek hou baie van sy styl en wou he my rok moet blink. Om my rok elegant en eenvoudig te hou met nie te veel oordadigheid nie het ek die rok gekies omdat hy so mooi glim in die son en ek hou ook baie van hoe n korset rok lyk en die rok het vir my daardie idee gegee om die middel.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die matriekafskeid beteken vir my baie omdat ek nou n hoofstuk van my lewe afsluit om n nuwe hoofstuk te kan begin.
Dis n viering van al my harde werk, deursettingsvermoë, dissipline en groei van die laaste 12 jaar van my skool loopbaan en om uit te sien na wat hierna kom.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van die matriekafskeid was om op die dansvloer te wees en ons self te geniet en net te wees wie ons is. En ook om almal te kon sien in hulle matriekafskeid rokke en pakke was besonders mooi, ons ken mekaar net in skoon uniform. En dan ook om met my gunsteling Afrikaanse Juffrou te kon gesels die aand en vir haar te vertel watter goeie juffrou sy vir ons was.
Planne vir na matriek
My planne is om te studeer vir onderwys. Ek wil graag Graad 4-6 Wiskunde of Engels aanbied en dan ook as n ekstra stokperdtjie soos fotografie te doen om n inkomste aan te vul. Ek dink ook daaraan om later sielkunde te studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Inderdaad - Omdat dit lekker rol op die tong en bevestig dat iets werklik is. Dit gee basies krag aan wat jy se en om iets met sekerheid te bevestig.
Datum van matriekafskeid
2025-10-16