Mariné van Bergen
Ouderdom
18
Tuisdorp
Douglas
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Douglas
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my Matriekafskeid rok, was my liefde vir kreatiwiteit en mode, hierdie rok is vir my meer as 'n kledingstuk. Ek wou iets unieks gehad het wat my persoonlikheid weerspieël, en wys dat'n mens gewone idees in iets besonders kan verander. Ek voel dat die rok my persoonlikheid perfek weerspieël, omdat ek 'n energieke en passievolle persoon is wat nie bang is om uit te staan nie. Ek hou van kleure en teskture en om verskillende materiale te kombineer, daarom wou ek 'n rok met karakter en styl hê om te wys dat groot idees ook uit klein dorpies kan kom!
