Mariné du Plooy

Hoërskool Witteberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het ń stylvolle en tydlose rok gesoek wat my persoonlikheid uitbeeld. My kleur keuse was rooi, want rooi simboliseer liefde en vreugde.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Witteberg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd die prentjie in my kop gehad, ‘n mooi oop rug trek altyd my aandag. Om bietjie anders te wees het ek besluit op ‘n kant “slit”. Al my tekeninge het ek saam gesit en my Ouma het my droom rok presies gemaak soos my hart dit begeer het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Letterlik ALLES van my rok is my gunsteling. As ek iets moet uitsonder sal dit die kralewerk wees wat met soveel liefde een vir een met die hand aangewerk is deur my ouma. Die vere aan die onder kant van my rok is natuurlik ook ‘n gunsteling aangesien dit my liefde vir diere en die plaas simboliseer.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media