Marike Lambrechts
HS Charlie Hofmeyr
Tuisdorp
Ceres
Skool
HS Charlie Hofmeyr
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Tannie Christelle Bothma , ‘n baie bekende en betroubare rokmaker in Ceres wat verseker jou droom matriekafskeid rok n realiteit sal maak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het noóit gedink ek sal oóit ‘n pienk matriekafskeid rok hê nie , totdat ek besef het dat pienk eintlik my donker features baie mooi uit bring. Ek het altyd geweet dat my rok styf bo gaan wees en dan mooi vloeiend en ‘groot’ onder sal wees met ‘n sleep. Die strik aan die agterkant het die rug vir my baie mooi afgerond , en dit mooi sag laat lyk. Ek het verskeie ‘inspo pics’ op instagram gesien van bekendes wat dieselfde tipe design gedra het , en dit het defnitief my keuse makliker gemaak oor hoe ek my rok wil hê.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok het die “princess moment” waarvan elke klein dogtertjie droom laat waar word. Ek het ook besef dat mens somtyds bietjie uit jou comfort zone moet klim , want nooit het ek gedink dat ek n pienk Matriekafskeidrok sal hê nie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was defnitief die reg maak en foto’s , maar ook om al my vriendinne in hul rokke te sien.
Planne vir na matriek
Ek gaan by Akademia in die Paarl onderwys studeer. Dit was nog altyd ‘n groot droom om eendag ‘n onderwyser te raak , maar ek sal ook graag by skole wil gaan werk waar die kinders minder bevoorreg is. Ek het nog altyd ‘n groot hart vir kindertjies , en ‘n passie vir mense wat swaar kry. Ek sien uit om ‘n verskil te maak in die onderwys rigting
Gunsteling woord in Afrikaans
Fantasmagories
Datum van matriekafskeid
2025-10-02