Marietjie Bruwer
Ouderdom
Tuisdorp
Skool en dorp/stad van skool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Toe ek begin beplan het aan my rok, het ek geweet dat dit nie net ’n gewone rok kon wees nie. Matriekafskeid en jou troudag is immers twee besondere geleenthede in ’n mens se lewe, en ek wou hê my rok moes iets besonders wees.
Ek wou graag ’n rok hê wat my persoonlikheid weerspieël – vrolik, saggeaard en helder.
Die blommetjies het dadelik my aandag getrek. Nie net omdat dit my saggeaardheid en vrolikheid uitbeeld nie, maar ook omdat dit ’n spesiale betekenis vir my het. Blommie is die noemnaam wat my ouma my nog altyd noem, en daarom het die blommetjies vir my soveel meer as net ’n mooi patroon geword.
Ek wou ook ’n helder kleur hê wat uitstaan en wat niemand noodwendig sou verwag nie – iets uniek, net soos my ma sou kies. En so het die pragtige oranje uiteindelik die wenner geword.
Hierdie rok is werklik my droomrok. Maar die mooiste deel van alles is dat die persoon wat my rok gemaak het, jare gelede ook my ma se matriekafskeidrok gemaak het. Dit maak die rok vir my nóg meer spesiaal, want dit verbind twee generasies se besondere herinneringe deur dieselfde paar hande.
