Mariesa Kotzé

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My ma sê altyd ek is in die verkeerde era gebore en al probeer ek my beste om moderne style te dra vang die “vintage”rokke altyd my oog. Ek hou van vroulike, sagte en elgante style en daarom kon ek nie anders nie as om kant met ‘n blompatroon bo-oor ‘n sjampanje kleur satyn te kies vir my rok nie. Na ure se rokke aanpas, het ek presies geweet dat ‘n “sweetheart” halslyn en ‘n donkerblou kleur my soos ‘n handskoen sal pas.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Met ‘n “pinterest pin” en selfvertroue kon ek binne 15 minute my lap uitkies, want ek was seker ek is op soek na balrok wat my sal laat voel asof ek saam Scarlett O’Hara op haar voorstoep sit en tee drink. My rok se inspirasie kom van die “Gone with the Wind” mode ikoon se groen-en-wit tuinrok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Buiten mooi lyk was prakties en gemaklik wees tweede en derde prioriteit. Om my foon en lipstiffie in een van roksakke te kon rond dra was ‘n lewensredder. Die sakke het my ook van baie mooi fotos verseker. Verder het die verwyderbare bandjies baie gehelp vir ekstra ondersteuning op die dansbaan.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media