Marichelle Spies

Hoërskool Witteberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Pampoenpoffertjie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag iets hê wat my sagte persoonlikheid vasvang maar wat tydloos is tussen vandag se duisende rokke wat jy aanlyn kan koop. Ek was nog altyd mal oor die rok wat Rolene Strauss gedra het in 2015, toe sy die kroon oorhandig het en dit was waar die droom begin het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

As iemand vir my in graad 11 moes sê dat ek regtig ‘n rooi rok vir matriekafskeid gaan dra sou ek vir hulle lag en sê hulle grap. Vandat ek ‘n klein dogtertjie was, was dit nog altyd ‘n glitter pienk prinsesrok. Rooi is ‘n koninglike kleur wat spreek van elegansie en tydloosheid, selfvertroue en trots. Dit is ‘n vlambojante kleur wat die kollig steel en ek sou nooit raai dat ek braaf genoeg sal wees om dit te betree nie. Maar iewers tussen skoolgange en ongelooflike vriende het ek myself gevind en die selfvertroue gekry. Die rok het my sagte hart en glimlag vasgevang in die rose en die sterkte en krag wat Jesus vir my gee in die diep rooi satyn sleep. Hoe rooier, hoe mooier en nou glo ek dit ook !

Datum van matriekafskeid?

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media