Mari van der Merwe

Augsburg Landbougimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is n baie ingewikkelde rok, sy kleur verander net soos wat hy wil. My rok skyn ligte pers, sliwer, selfs n goue bruin. Alles gaan net oor die beligting waarin hy is. My rok is baie eenvoudig aan die voorkant, maar daar is gate teen die kant wat dit interessant maak en n mooi rug wat met toue vasgetrek moet word.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd uniek en anders gewees het. Ek wil uitstaan en nie dieselfde as ander mense wees en die norm van die nuwe generasie nie, ek wil anders wees. My rok is wel anders en ek het nog nooit tervore so n rok gesien nie, hierdie rok is ń rok van drie rokke in-een. Toe ek matriekafskeid rokke moes begin aanpas het het ek nooit die rok gevind nie, net sekere aspekte van die rokke waarvan ek hou. Toe besluit ek maar hoekom maak ek nie alles bymekaar en maak my eie droom rok nie. My ma het hierdie droom waar gemaak. Sy wou oorspronklik nie hierdie taak aanpak nie, en wou graag gehad het dat ek met n klaar rok uit die winkels moet uitstap, maar waar ek nou is sal ek dit nie anders wou gehad het nie. My ma het n droom rok gemaak wat jy nie in enige winkel sal kan kry nie. Hierdie rok is uniek aan my. Anders.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My sleep, die gate van my rok teen die kante en my rug. Basies alles!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media