Margo Kritzinger

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp deur Lizelle van Jaarsveld, in Brackenfell. Ek het van die begin van die jaar af geweet watter ontwerp ek wou doen en watter kleur. Ek dink die oranje satyn van my rok het my vel gekomplimenteer en die eenvoudige kleur, maar ingewikkelde ontwerp van die rok is presies wat ek wou he. Die rok het twee bandjies wat agter kruis en my rug is oop. Die rok het ook ingelaste materiaal aan die onderkant om die rok ‘n vloeiende gevoel te gee. Ek dink die ontwerp van my rok is elegant en uniek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het afgekom op Jacquemes se uitstalling en ontwerpe van die Spring 2021 Collection. Ek het hier en daar ‘n paar dele van die rok verander maar toe ek ‘n foto van die ontwerp sien, het ek geweet dis wat ek wou doen.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die rug. Die lae snit van die agterkant, wat my rug oop maak, word deur bandjies wat oor my rug kruis geondersteun. Sowel as twee bandjies wat oor my lae rug span en in strikkies geknoop is. Ek wou iets anders doen as die doodgewone oop rug.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media