Margitte Kirstein

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is deur Anel Botha ontwerp. My rok het 'n korset-bokant met fyn silwer- en diamant blaardetail. Die wye onderkant is van vier lae materiaal ontwerp om 'n wasige effek te skep. Die lae bestaan uit 'n kombinasie van ligblou- en ligpers materiaal, net en fyn blinkertjies. Die onderdeel bevat ook 'n hoë spleet en 'n lang sleep. Die rok het diamantknopies op die deursigtige rug en 2 strikkies op die skouers.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My droom was nog altyd om soos 'n feeprinses te lyk en voel op my matriekafskeid. Die kleur van my rok is geïnspireer deur Anlia Etzebeth se Anel Botha ontwerp wat sy vir haar "Papillon shoot" gedra het. Die styl van my rok is deur Aspoestertjie geïnspireer.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die feit dat dit uniek en spesiaal vir my ontwerp is met details soos die silwer blaartjies en hoë spleet, asook die lang sleep wat bygedra het tot die prinsesgevoel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media