Marené Venter

Hoerskool Kanonkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die visie wat ek vir my rok gekoester het, was dat dit my persoonlikheid moes uitbeeld. Van die oog af mag die bottelgroen, Milano-satyn rok ewe eenvoudig lyk. By nadere ondersoek sal die bostuk se fyn handgevoude mes-plooie wat tot een kant getrek is, jou dadelik anders vertel.Die saamgetrekte plooie word voltooi deur n sagte strik wat elegant pryk en blink uitgedruk word deur die diamanté-brooch daarop. Die hande van die ontwerper, Thomas Thomson, het die rok tot perfeksie gebring toe hy die plooie aan die agterkant van die rok gevou het. Die wye plooie het sy "finishing touch" gekry toe daar nog twee blink diamanté-brooch gesit was. Voor en agter, aan die begin en einde van die wye plooie. Hierdie ruched meesterrok het my absoluut gepas. Die vloeiende, ryke dieptes en sy sagte glans het my mond in bewondering laat oop hang. Dit was alles BEHALWE eenvoudig!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok was n samestelling van "old Hollywood" en "royalty". Die kenmerklike ruched spreek duidelik van n glansryke era wat uit elegante,nostalgiese en gesofistikeerde style bestaan het.Ek wou nie n rok gehad het wat teveel blinkers, pêrels en steentjies het nie. Ek wou n rok gehad het, wat in die materiaal en maak daarvan self van fyn detail, tekstuur en diepte gespreek het. Ek wou sweef, vloei wanneer ek dans en lag as die rok se plooie saam my tol. Daardie aand het my rok my toegelaat om met soveel grasie te dans.Nes n ware prinses. Dit is presies wat ek wou he!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die manjifieke plooie aan die agter kant van my rok is sowaar die deel wat die rok gemaak het! Elke tree wat ek geneem het was verfynd en uitgedruk deur die sagte, gedetaileerde voue om my lyf. Dit het van diepte en volume gespreek. Die sonlig wat daarop geskyn het die kleur van die rok amper onbesluitbaar gelaat.Die plooie het die rok salig en sag gemaak. Dit was n prentjie van vrede en rustigheid. Dit sal my nooit ontgaan nie!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media