Marenè Pretorius

Pietersburg Hoërskool (PHS)

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is gemaak en ontwerp deur Carmen White. My kleurkeuse was n' blush/pienk wat nogals goed my persoonlikheid verteenwoordig. Pienk simboliseer sjarme, sensitiwiteit, teerheid, vroulikheid, beleefdheid en die romantiese wat nogals n' goeie beskrywing is van wie ek graag wil wees. Die kleur komplimenteer ook my vel kleur en gelaatstrekke. My geboortesteen is n' pêrel daarom het ek dit ingebring in die sequence van die bostuk. Pêrels is n' waardevolle skat wat nie deur die mens gepolleer of gesny word nie - dit is so gemaak deur God. Ek is die afgelope jaar deur n' moeilike tyd en hierdie was verseker my inspirasie van hoe God mens vorm en slyp. Die rok se snit is vleiend en komplimenteer my liggaamsbou. Die afskouer met sagte hangsel laat die rok sag en vloeiend vertoon. Dit het my elegant en vroulik laat voel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Pietersburg Hoërskool (PHS)

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My afskouer blush/pienk rok was vir my baie persoonlik. Ek het my pappa n' jaar gelede verloor, ons het altyd gespot oor my matriekafskeid en hoe ek gaan lyk. Ek wou met my rok simboliseer dat deur al die seer mens deur genade van bo wel heel kan word. Ek wou vir die wêreld wys dat ek n' dame is, elegant en reg vir die grootmens lewe. Ek weet my pa sou mal wees oor die rok en hoe ek daar in lyk. Ek het verseker n' glimlag op sy gesig gesit. Die rok was ook bietjie anders as die gewone en ek wou dit graag tydloos hê.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My afskouer bo-stuk met die effense bling en pêrel sequence. Die sagte stuk lap wat oor dieselfde skouer hang het net ekstra sagtheid ingebring in die afronding van die rok. Die ontwerper het die bostuk saggies en geleidelik in die onderstuk laat inloop wat my liggaamsbou komplimenteer. Die bo-stuk was defnitief my gunsteling maar oor die algemeen was ek net absoluut mal oor my rok en hoe ek daarin voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media