Marèna Oosthuizen
Hoërskool Overvaal
Tuisdorp
Drie Riviere, Vereeniging
Skool
Hoërskool Overvaal
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp en gemaak deur Jacqueline Haratsidis van House of JM Designs.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeid rok is 'n samestelling van 'n Tikkie prinses "bling"... strikkies en steentjies, 'n bietjie "crazy" obsessie... batman en my gunsteling kleur... turquoise wat per toeval ook die kleur van my geboorte steen is - Desember. Ek wou 'n noupassende styl hê, gemaak met die perfekte soort materiaal sodat die rok elke kurwe van my lyf kan komplimenteer.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Jy moet 'n baie spesifieke prentjie of beeld hê van wat jy wil bereik, as jy jou aandag daarop fokus is enigiets moontlik.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die aankoms in 'n asemrowende blou Corvette C8 het alles perfek afgerond om my soos 'n Oscar-celebrity te laat voel.
Planne vir na matriek
Ek het huidiglik geen defnitiewe plannie nie, maar sal bittergraag wil gaan aupair in Nederland in die toekoms.
Gunsteling woord in Afrikaans
Lekker
Datum van matriekafskeid
2025-10-16