Maré Vorster

Oranje Meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

ń Wilde aarbei pink, nousluitende een-skouer rok met ń oop rug en ń slit wat tot in die middel van my linker bo been kom. Die een-Skouer uitsnyding voeg ń vleug van vertynheid en styl by my rok. Ek het ń rok gesoek wat my elegant laat lyk en waarin ek gemaklik kon voel. Ek kon virseker die rok met selfvertroue dra.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Oranje Meisieskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Klassiek. Tydloos. Ek het ń rok gesoek wat by my persoonlikheid pas, maar nogsteeds stylvol, klassiek en elegant is. Ek het van die begin af geweet ek soek ń pienk rok vir my matriekafskeid. Ek het ure lank gesoek na die perfekte prentjie en dadelik toe ek die rok sien het ek geweet ek soek só ń rok vir my matriekafskeid. Ek wou ń rok gehad het wat my persoonlikheid en my as mens kan uitbeeld. Die kleur en snit van die rok was presies waarna ek opsoek was, my droomrok !

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het van alles gehou, maar die oop rug en die voorkant was my gunsteling deel van my rok gewees. Dit het my soos ń prinses laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media