Mandie Willemse
Hoërskool Eldoraigne
Tuisdorp
Centurion
Skool
Hoërskool Eldoraigne
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My matriekafskeid rok is gemaak deur my ma. Ons het foto's op Pinterst gekry en op die ou einde 3 patrone saam gekombineer om my rok te maak. My rok is in my gunsteling kleur - pers gemaak. My roos armband is ook deur my ma gehekel en gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou iets uniek hê en nie iets allerdaags nie. Ek hou nie van baie blink nie en wou steeds stylvol en elegant lyk en graag bewys dat dit nie duisende rande hoef te kos om my matriekafskeid te kon bywoon nie.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Niks is onmoontlik nie en jy hoef nie baie te spandeer om jou styl en uniekheid te wys nie.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Om saam my vriende en vriendinne te kon kuier en die lekker kos.
Planne vir na matriek
Ek wil graag in IT gaan studeer - ek gaan eers kyk of ek werk kan kry wat internskappe kan bied.
Ek wil graag programmering doen.
Gunsteling woord in Afrikaans
bollemakiesie
Datum van matriekafskeid
2025-10-17