Malincke Botha

Hoër Volkskool Potchefstroom

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My vriende beskryf my my rok as “Malincke in die vorm van n rok”. My naam beteken sonskyn-blom, en net so het die helder gekleurde blommetjies op my rok my laat straal en my borrende, babbelende persoonlikheid weerspieël. Ek wou nog altyd gehad het my rok moes meer wees as net ‘n rok, dit moes uniek wees, mense laat wonder en ook’ n storie daar agter hê! My rok het honderde gehekelde blommetjies op wat my ouma, een van my afgetrede laerskool onderwysers, Juffrou Heleen, en haar vriendin, tannie Rienie, in die middel van my graad 11 jaar al begin hekel het. Daar is ook gekoopte blommetjies op, wat my ma bymekaar gemaak het. Ons het op die einde van die dag met groot “tupperbakke” vol blommetjies by Shani van Esjé’s designs(Potchefstroom) opgedaag. Sy het elke blommetjie een vir een perfek aan die rok gewerk om, soos my 101 jarige oumagrootjie dit beskryf, ’n meesterstuk te vorm.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Volkskool Potchefstroom

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het in die einde van my graad 9 jaar op 'n artikel afgekom van 'n Iranese troue waar daar 'n foto van die bruid se trourok was. Die rok het my hart onmiddelik gesteel en ek het net daar en dan besluit dit is hoe my matriekafskeidrok moet lyk. My ma en sussies het hard probeer om my om te praat om n ander rok te kies, aangesien hulle geen idee gehad het hoe of waar ons so baie los geborduurde blommetjies te koop gaan kry nie. Ek is nog altyd mal oor iets anders en was in die wolke toe my ma voorstel ons moet gehekelde blommetjies op die rok sit. Dit het my toegelaat die rok my eie te maak deur elke stringetjie gekleurde garing en patroon self uit te kies! My rok het vir my ook sentimentele waarde omdat my enigste en liefling ouma deel was van die span wat my droomrok gemaak het

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is beslis die mandaryn kraag. Die blomme en blaartjies wat om my nek rank, laat my rok lewe.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-11

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media