Magriet Fourie

Hoërskool Brits

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ons het verlede jaar gaan inspirasie soek in ons mall toe ons tannie Daleen Scheepers raakloop wat my balet klere gemaak het toe ek 4-jaar oud was. Sy het dadelik gesê sy wil graag my rok maak. Ons is na haar studio in Februarie en het toe na vele rokke hierdie een gekies.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ek het my skool se afskeid by Fatherlands Estate bygewoon.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Toe ek n klein dogtertjie was wou ek altyd soos n prinses gelyk het. In Februarie was my doel om n sexy rok te kry. Ek het minwetend my droomrok gekry. Die pienk is die herinnering van al my jare se balet. Die steentjies is die besondersheid van die rok. Die oop rug is om my mooi balet rugspiere te vertoon. Die spleet in die rok was om my kêrel te verlei.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel van my rok is die vloeiendheid wanneer ek beweeg, draai en dans. Die ryg van die lint op die rugkant van die rok was spesiaal toe my ma dit vir my gevleg het..

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media