Maddison Hugo
Waterberg cvo modimolle
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoop
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidsrok deur Werner Dey
As jong meisie het my sussie Chiara op agt ’n fratsongeluk gehad en oor die jare meer as 50 operasies ondergaan. My ouers se aandag was natuurlik altyd by haar herstel, en ek het dit volkome verstaan. Hierdie rok was egter vir my ouers en vir my ’n spesiale oomblik — hulle wou hê ek moes vir ’n slag al die aandag hê en regtig super spesiaal voel. Werner Dey het daardie droom perfek vasgevang — hierdie rok was nie net mode nie, dit was ’n simbool van liefde, trots en nuwe herinneringe.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Wat my rok vir my beteken
My rok, ontwerp deur Werner Dey in Parys, beteken vir my soveel meer as net mode of glans. As jong meisie het my sussie Chiara op agt ’n fratsongeluk gehad en oor die jare meer as 50 operasies ondergaan. My ouers se aandag was altyd met haar herstel, en ek het dit altyd verstaan. Maar vir my matriekafskeid het hulle gesê: “Nou is dit jóú beurt om spesiaal te voel.”
Hierdie rok het vir my daardie droom waar gemaak — om vir een aand al die aandag te hê, om mooi en uniek te voel, en om te weet my familie vier saam met my. Dit simboliseer liefde, trots, oorwinning en ’n nuwe begin. Werner Dey het dit met sy ongelooflike talent en fyn detail perfek vasgevang — dis nie net ’n rok nie, dis ’n herinnering van hoe ver ons gekom het as familie.
Datum van matriekafskeid?
2025-09-26