Luria Wood

Die Hoërskool Wonderboom

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Die Hoërskool Wonderboom

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Dit is 'n kombinasie van 'n van my gunsteling style. Ek het 'n vriendin, Shene Kraft, gevra om my idees op papier vas te pen en dit toe na die dame geneem wat dit vir my gemaak het. Me. Ria Jansen het my droomrok van papier tot werklikheid verwesenlik.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou so bietjie lyf en speire wys terwyl ek die wêreld wow met iets waarin niemand my ooit sou verwag nie (my maats ken my nie juis as iemand wat 'n rok dra nie).

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok laat my sexy voel op my eie manier, sonder om die modes van die dag na te vlog.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

'n Hoogtepunt van die dag vooraf, was die verrassing fotosessie op Loftus se hoof veld. Om die aand saam met goeie vriende te kon deurbring en vir oulaas te kon saam kuier voor die laaste groot hoofstuk in ons lewens, was net so kosbaar.

Planne vir na matriek

Ek vat n betekenisvolle "gap" jaar; ek gaan verskeie kort kursesse en vrywillige werk doen om seker te maak ek wéét wat ek eendag regtig wil word. Ek gaan ook 2026 gebruik om te fokus op my rugby. Dit is my droom om eendag vir die springbok vroue te kan uitdraf.

Gunsteling woord in Afrikaans

Palatalisasie

Datum van matriekafskeid

2025-10-09

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media