Luné Van der Werff

Hoërskool Witteberg

Ouderdom

18

Tuisdorp

Bethlehem

Skool

Hoërskool Witteberg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek en tannie Dienie Fourie (van Lollie B) het saam na my idees gekyk en daarvan af my rok ontwerp. Sy het letterlik my droom rok aanmekaar gesit.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Vir my is dit eintlik ń klein dogtertjie droom,wat deur my gunsteling Barbie movie (Barbie princess charm school) op die ouderdrom van 8 geinspireer is. Ek het op daai ouderdom al gedroom dat ek eendag so mosaic in my rok kan hê,al is dit nou nie presies dieselfde onderkant nie het my grootste wens nogsteeds waar geword en het ek dit omskep in my eie styl.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Vir my is my rok ń betekenis van positiwiteit en Dat elke mens hul eie unieke styl het wat by hul persoonlikheid pas.Dit is vir my ook ń beklemtoning van hoe ek as mens deur my skool loopbaan gegroei,geleer en verbeter het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Verseker om oor die rooi tapyt te loop met selfvertroue en ń breë glimlag op my gesig,dit is net ń gevoel wat mens nie kan beskryf nie,so bietjie senuwee-agtig,maar ook opgewondenheid en geluk.

Planne vir na matriek

Ek is vreeslik opgewonde om na matriek by die Universiteit van Pretoria,menslike beweging (biokinetika) te gaan studeer,sodat ek ander mense kan help om die beste weergawe van hulself te wees. Ek wil ook vreeslik graag my atletiek droom van jong ouderdom najaag en ek weet met Tuks se hulp sal ek my drome kan bewaarheid. #Tuks Of Niks

Gunsteling woord in Afrikaans

Vermetelheid

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media