Ludri le Roux

Paarl Gimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek was nog altyd 'n aanhanger van 'n interessante, treffende rok – ietsie anders. Ek wou graag "iets anders" doen vir my spesiale dag; iets wat uitstaan. Ek het geweet dat ek 'n treffende, helder pink rok wou hê en het hierdie idee met my ouma gedeel. Ouma het op 83-jarige ouderdom deur haar Leukemie diagnose my droom rok binne 4 dae in 'n werklikheid omskep. Die volstruisvere was bloot 'n blink idee wat ek op sosiale media gesien het en dit was 'n "love at first sight" oomblik. Ek is so dankbaar vir my ouma se goeie visie om hierdie rok perfek volgens my persoonlikheid te aan mekaar te sit.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Paarl Gimnasium

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het geweet dat 'n helder kleur my persoonlikheid en eienskappe soos blonde hare en blou oë die beste sal uitbeeld. Die helder pienk het vir my die "barbie"- effek gegee en die klein dogtertjie binne my was só opgewonde en versot op dié idee. Die volstruisvere het dadelik my oog op sosiale media gevang en ek het onmiddelik verlief geraak op die uniekheid daarvan. Die snit van my rok was nog altyd vir my baie vleiend op enige liggaamstipe en ek het van kleins af geweet daardie snit sal perfek op my lyf pas en vir my die nodige selfvertroue gee om te sprankel in die rok. My ouma kon toe al hierdie deeltjies bymekaar pas en 'n baie groot glimlag op my gesig sit!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was sonder twyfel die kleur daarvan. Dit het elke liewe eienskap en "feature" van my liggaam opgevang en beklemtoon. Ek het gevoel asof ek uitstaan in hierdie ongelooflike unieke kleur. Om uit te staan en anders te wees was nog altyd vir my die belangrikste!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media