Luané Vermeulen

Leeuwenhof Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is deur die talentvolle Michelle Howell gemaak. My rok bestaan slegs uit net en gee die illusie van ń tipe "infinity" rok... Die krale wat op die net gewerk is, is besonders mooi en die rosegold kleur beklemtoon my donker gelaat. Die bokant van my rok is met die hand gemaak. Laastens rond die vere my rok af en dra by tot die drama.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Leeuwenhof Akademie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het al vroeg in die jaar na verskillende tipe rokke begin kyk en dit wat vir my mooi was aan elke rok, vir Michelle uitgewys. Sy het onmiddelik agtergekom na watter tipe styl rok ek opsoek was. Ek wou ń rok gehad het wat heeltemal anders en uniek is en wat iemand nog nie voorheen gesien het nie. Michelle het haar baie goed van haar taak gekwyt om my "sexy" maar elegant, klassiek en stylvol te laat lyk. My inspirasie was defeninitief dié van ń tipe "old Hollywood glam".

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was verseker hoe ek daarin gevoel het!!! Soos ń "billion dollars" ... ek was absoluut mal oor die vere op my rok en hoe dit my rok laat afrond het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-06

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media