Luandri Engelbrecht

Hoërskool Bellville

Tuisdorp

Brackenfell

Skool

Hoërskool Bellville

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is ontwerp deur die lieflike en uiters talentvolle Ilse Roux. Haar kreatiwiteit en oog vir detail het my droomrok op die mooiste manier lewendig gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets uniek hê … iets wat uitstaan, maar steeds tydloos en elegant bly. Ilse het presies verstaan wat ek bedoel. Sy het vir my ’n ontwerp geskets wat gevoel het asof dit vir my geskep is en daarmee het sy ’n klein dogtertjie se droom waar gemaak. My rok, met sy beeldskone cerisepienk kleur, fyn handgewerkte krale en ’n sagte val wat by die been afloop, het my laat voel soos ’n prinses. Die stylvolle strik en oop rug het dit die perfekte kombinasie van vroulikheid, styl en selfvertroue gemaak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok weerspieël wie ek is, iemand wat hou van styl, klas en iets besonders. Dit is egter meer as net ’n rok vir my, dit dra die herinneringe van elke pas en elke oomblik saam met my ma. Sy was by my deur die hele proses en dit maak die rok ongelooflik spesiaal. Elke kraal, elke vou herinner my aan haar liefde en ondersteuning, dis waarom hierdie rok vir altyd ’n plekkie in my hart sal hê.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Sjoe kan ek sê alles? Dit het soos ń regte droom gevoel ! Van Jéan-Miri Olivier wat my makeup gedoen het tot sonder twyfel die oomblik toe ek by die trappe afgeloop het en my familie my vir die eerste keer gesien het. Ek sal nooit hul reaksie vergeet nie (ek het sommer self emosioneel geraak). As ook toe ek by die kar uitklim om die rooi tapyt te stap en almal se gesigte sien lig op, hoe mense fluister en brom oor my rok, daardie gevoel van trots en dankbaarheid was ongelooflik.

Planne vir na matriek

Ek beplan om my droom na te jaag om ’n stewardess op ’n luukse yacht te word! Ek het reeds ’n paar kursusse voltooi by Pull North Yachting en sien so uit na die avonture wat voorlê. Die wêreld wag en ek kan nie wag om dit te gaan sien nie!

Gunsteling woord in Afrikaans

Beeldskoon – want dit beskryf presies hoe ek gevoel het op my matriekafskeid.

Datum van matriekafskeid

2025-10-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media