Luadri Bierman
CVO Gromar
Tuisdorp
Standerton
Skool
CVO Gromar
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Tannie Antonette Martens, 'n vrou met 'n hart van goud en passie soos geen ander. Sy het ure spandeer om elke detail perfek, soos die prentjie in my kop, weer te gee. Ek sal haar tyd, moeite en liefde wat sy ingesit altyd waardeer.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My aanvanklike idee was ’n rok met panele in verskillende kleure, maar toe ek begin soek na lap, het ek verlief geraak op die kombinasie van goud en diep wynpers. Die twee kleure het mekaar op ’n unieke manier aangevul, en die stukkie rou sy wat alles aanmekaar bind, het die ontwerp net perfek voltooi. Ek het nog nooit so iets gesien nie en op daardie oomblik het ek geweet dit is my rok.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is vir my baie meer as net ’n kledingstuk. Dit is ’n weerspieëling van wie ek is, en van die reis wat my tot by hierdie oomblik gebring het. Ek wil hê dat my matriekafskeidrok iets moes vertel… nie net van mode nie, maar van betekenis.
Wanneer ek hierdie rok dra, voel ek nie net mooi nie, ek voel dankbaar. Dit is ’n herinnering dat elke ervaring, elke kleur en elke draad deel vorm van wie ek is. In hierdie rok, voel ek gereed om met selfvertroue en styl my volgende hoofstuk in te stap.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt van my Matriekafskeid was die oomblik toe ek myself sien in my droom rok. My asem was skoon weggeslaan en ek was vasgevang in 'n oomblik van dankbaarheid en geluk.
Planne vir na matriek
Ek wil graag Medies studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Fluweel
Datum van matriekafskeid
2025-09-25