Lua Neeb

Die Hoërskool Menlopark

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Die Hoërskool Menlopark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ontwerp en gemaak deur Karen Kruger van Karen Couturier (Garsfontein,Pretoria)

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het na iets gesoek met eenvoud en elegansie,en dit in hierdie rok gekry

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit kenteken die einde van ʼn hoofstuk wat op die mooiste manier moontlik gevier word.Dit praat van jou styl en persoonlikheid as ʼn jong dame.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die aankoms by die venue, Monte De Dios, met ʼn stylvolle BMW. Die deur wat oopgemaak word,die uitklim,die formele aankondiging van ons name, die vat van my kêrel se hand en die saamstap op die rooi tapyt...

Planne vir na matriek

Gaan bos toe! Wil Veldwagter (Field guide/Game Ranger) word. Begin omenby April 2026 mentorskap by Siyafunda in Hoedspruit.

Gunsteling woord in Afrikaans

Genade!

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media