Lu-Ann Pryor

Hoërskool Jeugland

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou graag van die begin af n ligte blou rok dra. Ons het n afspraak gemaak by n boetiek in Pretoria, dadelik toe ek voor hulle venster staan, vang my oog die pragtige ligte blou rok. Ek was verlief op die rok. Onder andere het ek n paar Ander mooi rokke aangetrek, maar my hart het by daardie eerste blou rok gebly. Ek het hom toe weer aangetrek en geweet hy is dié een. Dit was perfek!! My droom rok!! Nommer gepass!! Gemaak vir my!!!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

02 September 2023

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek droom al van graad 8 af oor my droom matriekafskeid rok, die dag waaroor elke meisie al van kleins af droom. Ek het so baie matriekafskeid rokke op Pinterest gestoor en almal was vir my ewe mooi, maar al wat ek geweet het is ek soek n ligte blou rok. Ek wou graag mooi in my rok voel. Ek wou iets heeltemal uit my gemaksone he en niemand moes my in sulke tipe rok verwag nie. Ek wou he dit moet n toonbeeld van my persoonlikheid wees En die belangrikste van alles, ek wou soos n prinses voel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek was mal oor die materiaal van die rok, die slit wat tot bo gekom het met die langerige sleep agter. Elke deel van my rok het mekaar so goed gekomplimenteer, die ontwerp van die blare op die bors - stuk, tot die gerygde bantjies op my rug. Dis nie al dag wat n lang meisie soos ek n rok kry wat die perfekte lengte is nie, maar hierdie rok was omtrent vir my gemaak en hy was nommerpas. Die ligte blou en silwer kleur van die rok het my ligte gelaatskleur gekomplimenteer en die slit in die rok het my Lang bene definitief soos n model se bene laat lyk.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media