Lorraine Serdyn

Hoër Meisieskool Paarl

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hierdie rok is deur my 77-jarige ouma gemaak wie se naam ek ook het! My ander ouma van 79 het gehelp met die afrondingswerk en die maak van 'n handsakkie wat by die rok pas. Ek wou graag iets met moue gehad het en baie kant detail. Dit moes 'n rok wees wat jou lyf se vorm beklemtoon, maar ook gepas is vir die geleentheid en my ouderdom. My skoene, waaroor ek mal is, moes mens kon sien en die rok moes nie raak getrap word deur my of ander nie! My keuse het geval op asetaat satyn vir die onderkant en bo-oor is kraal geborduurde kant gesit. Ek het besluit op 'n koraalkleurige kant wat my hare se kleur mooi gekomplimenteer het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Paarl

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was baie geïnspireer deur Jasmine Tookes, 'n voormalige Victoria Secret model, se rok van die Vanity Fair Oscar party 2020. Die vorm en moue van haar rok het onmiddellik my oog gevang en natuurlik het ek ook my persoonlike smaak en idees ingebring met die tipe kant wat ek gekies het wat ietsietjie BLING moes ophê! Vir 'n nou rok moet 'n mens maar 'n plan maak met beweging, daarom het ek 'n slip agter laat insit tot net onder die knie en al teen die slip se kante was dit ook gedetailleer met die pragtige kant.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was natuurlik die finale produk! Die detail van groot en klein kraletjies op al die patrone was vir my verskriklik mooi en die 33 hand oorgetrekte knopies agterop wat my ma omtrent so 12min geneem het om vas te maak, het my laat voel soos iemand uit 'n ander era! Die rok het perfek gesit en ek kon gemaklik beweeg en my aand baie geniet. Dit was vir my baie spesiaal om iets te dra wat deur my ouma's gemaak is aangesien ek ook die laaste kleindogter in matriek is...

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media