Lomé Robberts
Hoërskool Linden
Ouderdom
18
Skool
Hoërskool Linden
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok voel soos iets uit ’n droom, sag, maar tog sterk en vol lewe. Ek is mal oor die mengsel van pienk en magenta kleure wat in mekaar in vloei. Gewoonlik kies rooikopmeisies mos kleure soos groen of blou, maar ek wou iets anders doen. Ek hou van hoe die rok perfek pas en hoe die kralewerk-detail lig vang elke keer as ek beweeg. Die voorste slit gee dit net genoeg styl, sonder om te veel te wees. Die rok is afgerond met n afskouer mantel, gemaak uit verskillende lae ligte taffeta en tulle wat saamvloei in sagte volume. Om die neklyn van die mantel is handegemaakte rose, versier met fyn penveer-details vir n romantiese afwerking.
Stephen van Eeden het al my verwagtinge oortref met hierdie rok. Ek het soos n koninklike gevoel.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok het gekom uit ’n begeerte om iets te dra wat my vroulikheid, unieke persoonlikheid en selfvertroue weerspieël. Ek het op Pinterest idees begin soek en was dadelik aangetrek tot rokke met elegante mantels – dit het vir my iets koninkliks en tydloos gehad. Tog wou ek nie bloot ’n bestaande ontwerp namaak nie; ek wou hê my rok moes oorspronklik en uniek wees, iets wat my eie styl en identiteit vasvang. Ek is vreeslik lief vir blomme en hierdie rok het my soos n pienk orgideë laat voel.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My gunsteling deel van die rok is beslis die mantel. Dit gee aan die rok n dramatiese, elegante en formele afronding. Wat ook vir my goed is, is dat ek die mantel kon afhaal , wat dit meer gemaklik gemaak het toe ek wou dans. Dit het vir my die rok daardie ekstra spesiale iets gegee. ’n Perfekte balans tussen styl en gemak.
Datum van matriekafskeid
2025-10-02