Lomé Gouws

Hoërskool Oos Moot

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het gaan rond soek op Pinterest en klomp idees gesoek en bymekaar gesit as een. Ek het die rok gesoek waarin ek die gemaklikste gaan wees , wat my persoonlikheid uitbeeld en wys Wie ek werklik is ( plain Jane). Ek het n geel rok gekies omrede ek van sonneblomme hou en die kleur maak my liggaamskleur Meer uitstaan. Ek het die romp met n broek onderaan gekies want ek kan nie uitgaan sonder n broekie onder my rokkie nie. My slit was daar om my broek te wys. Die toppie het ek gekies om my nek oop te hou en skouer te wys en so klein bietjie soos n crop top te sit om te wys dis n 3-piece ( Rok kan losmaak )

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Oos Moot

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My Inspirasie het ek gekry van die graad 9 dogtertjie wat ek was , wat al haar matriekafskeidrok begin beplan het nog voor sy geweet het wat matriekafskeid regtig is. Ek het foto's gebere om my rok wat ek 4 jaar terug wou gehad het , moontlik te kon maak. Ek wou net daai dogtertjie gelukkig maak en dit was my inspirasie

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is natuurlik my romp gewees. Enige dogtertjie se droom om op die dansvloer te dans en die rok waai so in die wind. Die sagte materiaal het net perfek gewerk met die funksie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media