Logan Parring

Augsburg Landbougimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Geel, as 'n kleur, simboliseer die vreugde, vrolikheid en optimisme wat ek met almal deel. Dit is ook 'n kleur wat verseker het dat ek in die skare sou uitstaan. My rok het 'n vloeiende A-lyn silhoeët, soortgelyk aan Belle s'n, om 'n klassieke, romantiese gevoel te skep. Die ontwerp sluit ook delikate besonderhede, soos die kantblomme in om 'n ekstra tikkie elegansie by te voeg. Die skouerontwerp voeg vroulikheid by die rok, wat my skouers en sleutelbene beklemtoom.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Augsburg Landbougimnasium.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir die rok was Belle van Beauty and the Beast. Ek't gedink "Niemand sal ooit 'n geel rok by ons matriekafskeid waag nie". Dis hoe ek op die kleur besluit het. Soos ek idees bymekaar gemaak het, het ek net besluit dat ek Belle se rok as een moes gebruik. My ontwerper, Didi Couture, het dit net 'n bietjie meer modern gemaak en dis toe ek besef "I'm gonna be the Belle of the ball"! Die rok beeld ook my liefde vir die karakter en ons albei se liefde vir lees uit.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was die vloeiende romp, wat 'n grasieuse voorkoms geskep het terwyl ek beweeg het. As klein dogtertjie was dit altyd my droom om my rok soos 'n prinses s'n te swaai en hierdie rok het daardie droom waar gemaak.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media