Lizelle Steyn

Hoërskool Standerton

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Toe die tyd aangebreek het om n snit en ontwerp vir my rok te kies , het ek gekyk na iets wat my gaan laat toelaat om myself te wees . Ek het ń rok gesoek wat my gaan toelaat om lekker te kan skoffel op die dansvloer . Ek wou nog altyd ń pof rok gehad het , en my gunsteling kleur is natuurlik blou . My enigste vereistes was baie pofferig en blou.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Standerton

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My insperasie vir my rok was om ń rok te kies wat by my persoonlikheid pas en wat my gaan toelaat om myslef te wees . Ek is n plaasmeisie en ek moes maar die vellies uitruil vir ń paar hakskoene . Ek was nog altyd ń groot aanhanger van Disney flieks , die idee van my rok was om n rok te kry wat my gaan laat voel soos ń ware prinses .

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel van my rok is natuurlik die blou glitter wat oor my rok se kant gaan , hoe meer blinkers hoe better , en dit glim baie mooi in die lig . Die onderkant van my rok is ook een van my gunsteling aspekte , as ek in die rondte draai dan waai die onderkant mooi oop . Net soos in ń Cinderella film .

Datum van matriekafskeid?

2023-08-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media