Lize Willems

Melkbosstrand Privaat Skool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Hierdie is die perfekte rok vir ‘n “warrior girl” Die rok is ontwerp in 4 individuele dele wat jy dan aantrek soos ‘n wapenrusting. Die korset gedeelte is gemaak uit individuele stroke material wat soos leer vertoon. Die “warrior girl” uitrusting is dan voltooi met ‘n handgemaakte leer borsplaat en gordel met ‘n tulle romp. Die ontwerp en konstruksie het 8 prototipes vereis vir die perfekte finale patroon en dan is elke paneel strook vir strook gemaak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Melkbosstrand Privaat Skool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Hierdie rok was ‘n ma en dogter spanpoging. Dit het begin met ‘n groot vraag - hoe lyk die perfekte rok vir ‘n “girl” wat mal is oor swaarde en ‘n fantasie wêreld en die volgende "quote" some die inspirasie vir die rok perfek op. "Heavy is the crown and yet she wears it as if it were a feather; there is strength in her heart, determination in her eyes and the will to survive resides within her soul. She is you- a warrior, a champion, a fighter, a queen" - the perfect fusion of fierce and feminine.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok is definitief die "debossed" leer borsplaat en die leer belt met die tulle romp. Dit was ook so lekker om saam met my ma die rok te ontwerp en te maak - die kreatiewe proses en al die "bonding moments" sal ek vir altyd onthou.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-22

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media