Lize de Klerk

C &N Sekondêre Meisieskool Oranje

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n room kleur, tee-lente met 'n sweetheart neklyn snit. Daar is vyf lae tulle wat die rok sy volume gee. Die beld van krale, blomblare en versiering met blink aksente gee die rok ń elegante en koninklike gevoel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

C &N Sekondêre Meisieskool Oranje

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nie spesifieke inspirasie vir die rok gehad nie. Ek het wel gekyk na ander matriekafskeid-rokke en besluit wat vir my mooi was en wat nie vleiend is vir my liggaamsbou nie. Ek kon dalk aan die agterkant van my kop inspirasie geneem het van verskeie prinsesse wie se rokke pofferig was en ń sprokieagtige ontwerp het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dis baie moeilik om slegs een eienskap uit te lig, maar ek hou verskriklik baie van die lente van die rok. Dit beklemtoon my elegante skoene en dit was baie prakties. Ek kon gemaklik loop sonder om te vrees dat iemand op my rok sou trap. Alhoewel die kleur van die rok baie lig is, was ek nie bekommerd dat dit vuil gaan raak nie, omdat die rok nie tot op die grond hang nie. Een van die hoogtepunte van my rok, is dat as jy in die rondte draai sien jy die volle sirkel van die romp gedeelte en kan ń mens duidelik die blink onderrok sien. Ek het ook baie gemaklik gesit en ek het nooit nodig gehad om te bekommer of die rok gaan haak en skeur nie, omdat die rok so baie lae het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media