LIZA THERON

Hoërskool DF Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

NOUSLUITENDE ROK WAT NA ONDER UITSKOP, MET LANG MOUE, 'N BOOTNEK EN 'N LAE RUG. Die styl van die rok het my persoonlikheid en bou gekomplimenteer. Pienk is my kleur, dis toevallig in die BARBIE jaar.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool DF Malan

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is 'n positiewe, vroulike - sportiewe en lewenslustige persoon en defnitief my ouers se pienk dogter. Eks die oudste van 3 susters. Ek wou stylvol, gemaklik EN soos 'n prinses voel. Hailey Bieber se pienk rok wat sy in 2019 by die Met Gala gedra het was my inspirasie. Ek hou nie van te veel tierlantyntjies nie, maar wel van 'n verrassings element. Die ontwerper van my rok, Elizabeth Stockenstroom, het my droom perfek vasgevang. Ek het soos 'n prinses gevoel en ongelooflik gemaklik. Ek en my rok het gesprankel!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is beslis my rug en die materiaal waarmee die rok gemaak is.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media