Lisha Vienings

Hoërskool Standerton

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Vesselina Pentcheva, 'n bekende ontwerper van Johannesburg, het my matriekafskeidrok vir my ontwerp en dit het beslis my grootste verwagtinge oortref. Ek het besluit op 'n korset wat my lyf en lengte komplimenteer. Dit het moue gehad wat maklik afgehaal kan word vir die onvoorspelbare koue van die platteland. My rok is afgewerk met fyn, handgemaakte blommetjies en "sequins" wat sagtigheid aan my rok verleen het. Ek was nie heeltemaal seker oor die kleur van die rok nie, maar toe ons materiaal gaan uitsoek het, het die sagte pers "tulle" dadelik my oog gevang. My rok is vroulik, sag en verseker uniek. Dit was definitief 'n ware kunswerk.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Standerton

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag 'n rok hê wat my en almal anders se asems sou wegslaan. Ek het al in graad 9 op 'n ontwerp afgekom en dit het dadelik my hart gesteel. Ek en my ontwerper, Vesselina, het inspirasie van die rok gevat en het dit aangepas sodat dit my persoonlikheid weerspieël.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was sonder twyfel die korset. Elke deel was met soveel sorg en liefde aanmekaar gesit. Dit was gemaklik en vleiend. Ek het soos 'n ware prinses gevoel.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media