Lise Herbst

Somerset College

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die maak van my matriekafskeidrok was 'n ware kunswerk. Die unieke pers kleur het regtig uitgestaan en dit was 'n besondere kenmerk van die hele proses. Die vloeiende ontwerp en valle van die rok was 'n meesterstuk, elke steek en plooi was met sorg en liefde gedoen. Die korset het my perfek gepas, als te dank aan Martelize De Villiers wat my rok gemaak het. Dit het gevoel asof ek 'n lewendige kunswerk gedra het, en ek het ongelooflik bevoorreg gevoel om so 'n pragtige rok te hê. Dit was 'n stukkie kuns en 'n uiting van my persoonlikheid wat ek met trots op my matriekafskeid gedra het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Somerset College

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het self die ontwerp van my droomrok ontwerp, en Pinterest het 'n groot rol gespeel in die proses. Ek het ure deurgebring om deur inspirasieborde te blaai en idees te sprokkel. Uiteindelik het ek 'n prentjie van 'n pragtige rok gevind wat my hart gesteel het, en ek het dit as die basis gebruik vir my eie kreatiewe visie. En met dit het ek my rok geskets. Die rok is 'n persoonlike uitdrukking van my styl en smaak. Dit was 'n spesiale geleentheid in my lewe, en ek wou 'n rok gehad het wat my persoonlikheid en die uniekheid van die oomblik sal weerspieël.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was definitief die valle. Hulle het 'n speelse en tog elegante element aan die rok gegee. Ek het van die manier gehou waarop hulle beweeg toe ek stap, soos sagte golwe van geluk. Die valle het 'n bietjie van 'n droomagtige kwaliteit aan die rok verleen en het my laat voel asof ek prinses was. Die aard van die valle het ook 'n bietjie van my persoonlikheid weerspieël – prettig en uniek. Veral die valle van my rok het my matriekafskeid aand regtig spesiaal gemaak en ek het 'n groot glimlag op my gesig gehad elke keer as ek na my rok gekyk het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-22

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media