Lisa van Schalkwyk

Hoerskool Hopefield

Tuisdorp

Hopefield

Skool

Hoerskool Hopefield

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het die rok aanlyn op "DreamiAnni" gesien en my indruk was blywend. Ons het my mates gestuur en sowaar… twee maande later het die rok arriveer…dit was perfek!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek voel altyd spesiaal in pienk, dit was die hoof vereiste. Ek het rondgespeel tussen antieke style en blompatrone, ek wou wys dat pienk ook klassiek kan lyk vir die aand. Natuurlik wou ek ook my metgesel se asem wegslaan. Ek kon nie vir 'n meer perfekte rok vra nie. Dit het my asem ook weggeslaan!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok straal geluk uit! Ek hoop dit raak 'n erfstuk sodat al my kleindogters eendag ook ouma Lisa se sexy pienk rok kan dra 😃

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Dit was oorweldigend om in die saal testap en tesien al die moeite wat gedoen is vir ons matrieks, pragtig en smaakvol, ek sal dit nooit vergeet nie, HSH ✨️

Planne vir na matriek

Ek sien vreeslik uit na volgende jaar. Ek gaan au pair in Nederland en sal dan onderwys studeer as ek terugkom.

Gunsteling woord in Afrikaans

Glansryk ✨️

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media