Lisa van Rensburg

HMS Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het 'n diep seegroen rok gekies met 'n lae rug en sleep. Die gedurdeerde toppie is slegs voor verbind aan die chiffon romp. Geborduurde bande omvou my lyf en sorg vir goeie ondersteuning. Hierdie ontwerp is baie interessant en heeltemal iets anders. Ek kon nie wag om te sien hoe die rok op my sou lyk nie! Ilse Roux van ilse_roux_bridal het beslis my droomrok bewaarheid en ek sou met niemand anders die pad wou stap nie!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

HMS Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van dat ek `'n klein dogtertjie was het ek op Pinterest idees gesoek vir die perfekte ontwerp vir my matriekafskeid rok, maar nooit die perfekte idee gekry nie. Ek het toe besluit om my eie rok te ontwerp met die leiding van tannie Ilse… ek onthou toe sy my vra wat my idee is, het sy dadelik gesê “n ballgown rok is nie ‘n opsie vir my nie” en ek het definitief saam gestem. Ek was nog altyd ‘n stil introvert meisie gewees, maar ek wou met my rok mense se asems weg slaan en wys dat ek nie net ‘n skaam teruggetrokke meisie is nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is alles daarvan! Die kleur van die rok het my blou oë asook my ligte blonde hare mooi gekomplimenteer. Ek was nog nooit die tipe meisie wat modes na jaag nie, my hele rok was vir my spesiaal en uniek van bo na onder. Die lae rug wat die illusie gee van n backless rok wat faktore van vryheid, modernheid en onafhanklikheid na vore bring het my rok perfek afgerond. Ek was verlief op die blink lap wat so ontwerp was om my lyf soos ‘n handskoen te pas, met die uitgesnyde dele en elegante lae neklyn wat my sprankelende tog sagte persoonlikheid perfek uitgebeeld het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media