Lisa Paulsen

Worcester Gimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou 'n uitrusting he wat pas by MY, my persoonlikheid en my figuur. Ek is ewe gemaklik op die plaas in die skaapkraal, aan die tou op die toutrekveld en op hoe hakke in 'n mooi uitrusting by 'n blink geleentheid. Aan die ander kant het ek nou ook nie 'n winkelrok- lyfie nie en het beslis 'n paar trane gestort oor mooi winkelrokkies wat glad nie mooi aan my gelyk het nie. My ideale uitrusting was dus iets wat anders was as wat meisies gewoonlik kies, want my persoonlikheid en lyf is anders. Om eerlik te wees, ek was op 'n stadium maar erg mistroostig omdat dit so 'n stryd was om iets te kry wat werk vir my. Ek was gelukkig om uiteindelik by 'n ontwerper uit te kom wat opgewonde was oor my idees en my kon help om my droom uitrusting te laat realiseer. Op die ou einde het alles by mekaar uit gekom, net soos ek dit wou gehad het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Worcester Gimnasium

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het al baie jare lank prentjies gekyk en idees bymekaar gemaak. Daar was egter nie prentjies van uitrustings vir my figuur tipe in die tydskrifte nie. Ek moes daarom my eie "prentjie" bou. Ek hou baie van kant en wou nog altyd 'n lekker lang sleep gehad het. 'n Langbroek wat my kurwes beklemtoon en gemaklik dra, was ook deel van my ideale uitrusting.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het regtig mooi, selfversekerd en gemaklik gevoel in my uitrusting en elke oomblik wat ek dit aangehad het spesiaal gevoel. Ek was mal oor elke deel van die uitrusting, die materiaal, lang moue, korset, sleep, hoe dit my figuur gepas en gekomplimenteer het. My uitrusting was 'n viering van wie ek is.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-12

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media