Lisa Bronkhorst

Hoërskool Melkbosstrand

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is sag en lig met fyn gedetaileerde kant- en kralewerk wat die growwe bo-kant en sagte onderkant skei. Ek het n kleur gekies wat nie net by my ligte vel, grimmering of juwele pas nie, maar wat my persoonlikheid uitbeeld. My rok was gemaklik, vloeiend en nie oordoen nie, en die fyn detail het die rok se eenvoud gebreek en laat uitstaan.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is n meisie wat baie eenvoudig en gemaklik aantrek. Vir my matriekafskeid het ek besluit om n gemaklike rok te kies, omdat ek oor die algemeen nie rokke dra nie. Ek het pastel kleur rokke aangepas, maar met my ligte vel het ek in die rokke verdwyn. Toe ek die "Royal Blue" rok teen my hou het ek geweet dis die een vir my. As gevolg daarvan dat ek altyd eenvoudig aantrek word ek nie altyd raakgesien nie, en ek het geweet ek sal met die "Royal Blue " rok n 'statement ' maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunstelling deel van my rok wat vir my uitgestaan het was die bo-kant met die fyn gedetailiseerde kant-en kralewerk wat in blomme, en blare aanmekaar vasgewerk is, maar my beste deel was beslis die rok se kleur, omdat dit ook mooi gepas het met die foto's wat ek op die strand geneem het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-11

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media