Liné Schlesinger
Hoërskool Pietersburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het besluit om my rok af te skop met ń bokant wat my figuur komplimenteer. As ń diskusatleet was dit vir my belangrik om sterk maar sag te voel. Die kleur van my rok is geïnspireer deur my oëkleur. Ek wou graag ń rok dra wat my oë meer helder laat lyk en my glimlag laat glinster.
Verder, ń pragtige A-lyn met ń broekpak onderaan. Ek is verseker nie die meisie wat gaan stilsit nie; ek is mal oor ń dansvloer en het vanaf vroeg die aand gedans en herinneringe gemaak!
Mag hierdie ń inspirasie wees vir elke dame - jou rok is nie beperk tot jou bou, lengte of velkleur nie.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok, was 100% my bokant, met die fyn blomme-detail. En die strukke wat my arms komplementeer en soos ń prinses laat voel.
Datum van matriekafskeid?
2025-09-30