Liné Gerber

Hoërskool Montana

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp deur Anmar Roesch Pretorius. Sy is ń uitstekende ontwerper en kleremaakster. Ek ken vir Tannie Anmar al van kleins af. Ek het net geweet dat sy my rok moet maak. Sy ken my persoonlikheid en styl. Ek wou graag ñ ligblou rok gehad het. My keuse was baie uniek en skaars. Ons het baie moeite gedoen om die regte kleure materiaal en kant te kry. Ons het ook hier en daar steentjies, pêrels en blomme subtiel deel gemaak van die rok. Pêrels is nog altyd vir my baie mooi en ek het seker gemaak dat dit deel van my rok is. Die ontwerper het al my idees saam gevat en ñ pragtige prentjie vir my geskep. Sy was ongelooflik geduldig en het verander en aangepas totdat ons albei tevrede was met die eindproduk.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Montana

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeid rok was Cinderella. Cinderella is defnitief een van my gunstelinge! Cinderella laat my aan myself dink, skaam , maar kan groot droom.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rok in geheel was vir my prentjie mooi, ek is veral mal oor die agterkant van die rok, die elegante moue en die lae rug. Ek was baie gemaklik in die rok en het soos ñ prinses gevoel. Ek het soos myself gevoel in die rok en ń plus punt, ek kon lekker dans in my rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media